top of page
Arinda-+-Prop-trou-logo
Arinda+Proppie-24.jpg

Ons trou 

Ons reis tot nou

Ons storie het in die hartjie van Riebeek-Kasteel begin – met ons heel eerste afspraak by Mama Cucina.

Tussen goeie wyn, kos en samesyn het twee baie verskillende mense mekaar gevind. Wat eenvoudig begin het, het met tyd gegroei in iets uniek en besonders.

Byna 8 jaar later vier ons hierdie ontmoeting – goeie goed vat tyd.

Ons nooi jou graag om hierdie dag saam met ons te vier. Jy is een van die goue draadjies wat ons lewens saam weef.

Arinda+Proppie-12.jpg

31 Oktober 2026

Goedgedacht Plaas, Riebeek

Troudag

Saterdag

Boma-kuier

VRYDAG

18:00
Kom ontspan saam met ons onder die sterre. Bring eie drank, ys en glase. Kos sal voorsien word.

15:00
Seremonie en verrigtinge begin by die kerkie op die venue. 'n Kontantkroeg sal beskikbaar wees by die onthaal.

Verloop van die naweek

Verblyf

Daar is verblyf op die venue beskikbaar. Familie en vriende van ver moet ongelukkig voorkeur kry. Daar is beperkte plekke beskikbaar wat asseblief direk by Jacques  bespreek moet word.

Jacques Williams | 064 844 7487

reservations@goedgedacht.org

Koste beloop R400 per persoon per nag en dit sluit Sondagoggend se ontbyt in. Riebeek het ook verskeie ander akkommodasie wat oorweeg kan word. Kyk gerus op Airbnb, of hieronder is ander opsies:

Café Felix | 022 448 1170

Royal Hotel | 022 448 1378

Riebeek Valley Hotel | 022 461 2756

Ontbyt

Daar is Saterdagoggend 'n plaasstyl-ontbyt beskikbaar teen R100 per persoon. Bespreek asseblief by Jacques. Indien ons jou nie daar sien nie, kan jy gerus die dorpie gaan verken deur van ons gunstelinge te besoek:

Marras | The Barn | The Royal Hotel

Kleredrag

Geskenke

Hou dit lig en gemaklik in jou helderste linne.

Kleurskema

Jou teenwoordigheid is reeds vir ons die grootste geskenk.

Maar indien jy tog iets wil gee, sal ons 'n kontantbydrae baie waardeer.

FNB

Arinda Janse van Rensburg

FNB Fusion Premier Account
63052552578

RSVP 

RSVP asseblief teen 1 Augustus.

RSVP
Vrydag en Saterdag
Slegs Saterdag

Kinders slegs op uitnodiging

bottom of page